• Login
  • Search Icon

Loop markte vooruit – Willemse

20 Jun 2011
Boere moet markte vooruitloop en veronderstelde gebeure in hul boerderye skep om risiko’s te kan hanteer in tye wat dit slegter gaan, het dr. Johan Willemse, landbou-ekonoom, op die Avi Afrika-kongres van die SA Pluimveevereniging (SAPV) naby Johannesburg gesê. Met produksiekoste, soos voer- en oliepryse, wat bly styg, moet boere vooraf besluit hoe dit die onderneming gaan raak as die produk se prys daal of deur ’n krisis getref word en watter regstellings gedoen moet word om te oorleef. “Markte is nie nou ’n gemaklike plek om in te wees nie. Sake kan vinnig verkeerd loop. U moet weet hoe die onderneming oor vier tot vyf jaar kan lyk.”

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/loop-markte-vooruit-willemse