• Login
  • Search Icon

Landbou moet verbruikers inlig

26 Aug 2011
Die landboubedryf en boere moet verbruikers inlig oor die feit dat die bedryf nie vir stygende pryse verantwoordelik is nie. Prof. Andr? Jooste, senior bestuurder van die mark en ekonomiese navorsingsentrum by die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR), meen dit is ’n baie belangrike stap wat die landbou moet neem. Hy het melkprodusente Donderdag (25 Augustus 2011) op die jaarlikse kongres van die Melkprodusente-organisasie (MPO) Noord aangemoedig om verbruikers te laat verstaan watter aandeel van die verbruikersrand in ’n melkboer se sak eindig.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/landbou-moet-verbruikers-inlig