• Login
  • Search Icon

Landbou moet sexy gemaak word om jeug te trek

11 May 2011
Landbou moet sexy gemaak word sodat meer jong mense na di? sektor gelok kan word, het me. Tina Joemat-Pettersson, Minister vir Landbou, Bosbou en Visserye gesê. Joemat-Pettersson was een van die sprekers op ’n beraad oor voedselsekerheid in Kaapstad wat deur Omega Investment Research aangebied is. Jong mense onder 14 jaar maak nou 42% van Afrika se bevolking uit. Dit is hierdie jeugdiges, veral die meisies, wat die boere en agro-entrepreneurs van die toekoms kan word. Dit was nog altyd moeilik vir regerings om kundiges na landelike gebiede te lok of om migrasie na stedelike gebiede te keer.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/landbou-moet-sexy-gemaak-word-om-jeug-te-trek