• Login
  • Search Icon

Landbou kan Afrika dryf - Mbeki

24 Jan 2012
Die hoof-uitdagings wat Afrika ervaar kan slegs opgelos word deur die posisionering van die landbou as die sentrale drywer in die hernuwing- en ontwikkelingsproses op di? kontinent, het oudpres. Thabo Mbeki in Berlyn gesê. Mbeki het AGCO, ‘n vervaardiger van landboumasjinerie, se Afrika-beraad oor “ ‘n visie vir die landbou in Afrika” toegespreek. Afrika word gesien as die kontinent wat die nodige hulpbronne en die beste potensiaal het om genoeg kos te produseer om aan die wêreld se toekomstige vraag te voorsien. Dit word voorspel dat die wêreldbevolking teen 2050 meer as nege miljard mense sal tel. Volgens Mbeki is dit duidelik dat feitlik al die hoof-uitdagings van die kontinent ‘n baie nou verband met die landbou het.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/landbou-kan-afrika-dryf-mbeki