• Login
  • Search Icon

Landbou-ekonome moet dekodeer

29 Sep 2011
Landbou-ekonome moet ’n manier vind om hul navorsing beter uit te dra, veral deur populêre landboutydskrifte, het prof. Gerald Ortmann van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, by die jaarlikse konferensie van Levsa (landbou-ekonomievereniging van Suid-Afrika) buite Pretoria gesê. Ortmann, wat van September 1999 tot September 2001 voorsitter van Levsa was, het gesê landbou-ekonome het baie navorsing gedoen oor eiendomsreg, maniere om natuurlike hulpbronne, soos grond en weiding, te deel en bestuur en hoe om kleinboere by markte in te skakel, maar nie di? bevindinge op ‘n oortuigende wyse aan die publiek en beleidmakers oorgedra nie.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/landbou-ekonome-moet-dekodeer