• Login
  • Search Icon

La Niña verswak maar het steeds invloed

18 Mar 2011
Droogteskade het voorgekom aan veral die sojaboon-oes, maar ook aan die mielie-oes in Mpumalanga en die Oos-Vrystaat. Re?n is in die volgende twee weke moontlik oor die grootste deel van die somerre?ngebied, veral oor die sentrale tot oostelike dele, met min of geen re?n oor die westelike helfte van die Noord- en Oos-Kaap in die laaste tien dae van Maart. Min of geen re?n nie word oor die Wes- en Suid-Kaap verwag. Internasionaal lyk dit asof ongunstige re?nvalpatrone ’n groot moontlikheid is. Dit kan die Amerikaanse en Chinese somergraan-produksie beïnvloed in die volgende maande, met planttyd wat in April begin. Die huidige La Niña-verskynsel het effens verswak, maar is steeds sterk genoeg om weerpatrone in die volgende maande te beïnvloed.

http://www.landbou.com/weer/weerberigte/la-ni-verswak-maar-het-steeds-invloed