• Login
  • Search Icon

Kragpryse kan krane laat opdroog

24 Jun 2011
Die stygende koste van elektrisiteit kan daartoe lei dat besproeiingsboere in Suid-Afrika se dae getel is. Kundiges in die landbousektor sê dit raak onmoontlik vir besproeiingsboere om winsgewend te boer. Dr. Theo de Jager, adjunk- uitvoerende hoof van Agri SA, sê die situasie versleg toenemend omdat elektrisiteitspryse nog jare lank skerp gaan styg. De Jager sê 25% van Suid-Afrika se stapelvoedsel – koring en mielies – word onder besproeiing verbou.

http://www.sake24.com/Ekonomie/Kragpryse-kan-krane-laat-opdroog-20110624