• Login
  • Search Icon

Koskrisis laat staat luister

14 Mar 2011
Die wêreldwye voedselkrisis en die feit dat ho? voedselpryse as verskoning gebruik word om regerings te onttroon, maak die Suid-Afrikaanse landbou se deur na die Regering oop, sê mnr. Jannie de Villiers, nuwe uitvoerende hoof van Graan SA. Hy het op die organisasie se kongres naby Bothaville gesê die vrye mark werk nie meer nie. “Lande beskerm hul eie belange. Niemand kan aanvaar dat hy sommer net kos kan invoer as hy self te min het nie. In Suid-Afrika is werkskepping, invoervervanging, die verligting van armoede en landelike ontwikkeling nou voorrangsake.” In die verlede is daar net klem gelê op die bekostigbaarheid van kos. “Die nuwe voedselkrisis gaan egter nie net oor bekostigbaarheid nie, maar ook beskikbaarheid. Die land met die meeste geld gaan eerste die beskikbare kos opraap.” Suid-Afrika sit in ’n oorvloedsituasie, terwyl die omgekeerde in die res van die wêreld geld.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/koskrisis-laat-staat-luister