• Login
  • Search Icon

Komitee verwag wisselende oeste

25 Mar 2011
Die Nasionale Oesskattings?komitee het sy skatting vir vanjaar se mielie-oes afwaarts met 1,93% aangepas. Die verwagte oes staan nou op 10,831 miljoen ton mielies. Die komitee sê die droogte?toestande in Mpumalanga en die Vrystaat het opbrengste verminder en daarom is die skatting afwaarts aangepas. Die verwagte nasionale opbrengs per hektaar word nou op 4,57 ton gestel teenoor die vorige skatting se 4,63 ton. Die totale geskatte oppervlakte wat met mielies beplant is beloop 2,372 miljoen ha wat 0,4% laer is as die vorige skatting van 2,383 miljoen ha. Die oppervlakte onder witmielies is 1,418 miljoen ha en di? onder geelmielies 954 000 ha.

http://www.sake24.com/Maatskappye/Landboubesigheid/Komitee-verwag-wisselende-oeste-20110324