• Login
  • Search Icon

Klimaat: Kleiner boere gaan verloor

01 Apr 2011
Die landbou is baie gevoelig vir die klimaat, en kleiner boere sal die verloorders van aardverwarming wees, sê dr. Tanya Abrahamse, die hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Biodiversiteit (SANBI). Sy was een van die sprekers in ’n werksessie ter voorbereiding vir die 17de klimaatsveranderingskongres (COP 17) wat in Desember vanjaar in Durban plaasvind. Abrahamse sê hoewel groter, meer gevestigde kommersi?le boere die wenners teen aardverwarming gaan wees, gaan veral besproeiingsboere hul praktyke moet aanpas om minder omgewings- en waterintensief te wees. Die bosboubedryf gaan ook onder aardverwarming deurloop, met meer brande en laer watergebruik wat gaan voorkom.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/klimaat-kleiner-boere-gaan-verloor