• Login
  • Search Icon

Kaap Agri verwag groot dinge in 2012

05 Jan 2012
Kaap Agri is vol moed dat volgende jaar ’n blink jaar vir die maatskappy en die landbou sal wees. Hulle mik daarna om sowat R100 miljoen wins te maak. Hoewel die maatskappy se winsvlak van R78 miljoen verlede jaar “plat” was, is mnr. Sean Walsh, besturende direkteur van Kaap Agri, optimisties oor die vooruitsigte vanjaar. Sywaartse beweging Vanjaar was die maatskappy se koringontvangste die laagste in dekades en die uitvoer-tafeldruifoes was ook een van die swakstes in baie jare, verklaar Walsh die sywaartse beweging in winsvlakke. “As ons kyk na die jaar wat voorlê, begroot ons ’n 23% verbetering op die eindresultate. Ons mik na ’n winsvlak van by die R100 miljoen. Alle vooruitsigte lyk goed dat ons dit kan bereik,” het Walsh by ’n geleentheid waar die onderneming se verskaff er van die jaar aangewys is, gesê.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/kaap-agri-verwag-groot-dinge-2012