• Login
  • Search Icon

IMF: EU-krisis kan SA “seermaak”

11 Jan 2012
Die geldelike krisis wat Europa bedreig, kan Suid-Afrika “seermaak” en die regte monetêre beleid moet gehandhaaf word, aldus die Internasionale Monetêre Fonds (IMF). Luidens ’n berig in Engineering News sê me. Christine Lagarde, hoof van die IMF, Suid-Afrika moet ’n monetêre beleid handhaaf wat groei op mediumtermyn kan verseker. Lagarde het die land onlangs besoek en met pres. Jacob Zuma en ander senior beamptes vergader. Luidens ’n verklaring sê sy: “Die voortslepende probleme in die Euro-sone, een van Suid-Afrika se hoof uitvoermarkte, kan aansienlike risiko’s vir ekonomiese vooruitsigte beteken.”

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/imf-eu-krisis-kan-sa-seermaak