• Login
  • Search Icon

Hulp vir brandskade

20 Jan 2009
TLU Sentraal Streek is verheug oor die hulpskema wat aan Gautengse boere beskikbaar gestel is vir brandskade wat hulle verlede jaar gelei het. Verskeie boere in di? provinsie het van Julie tot September verlede jaar ernstige skade gelei weens wegholveldbrande. Landerye, weiding en infrastruktuur het in die slag gebly en boere moes voer aankoop of hul kuddes verminder vanwe? die tekort aan weiding. TLU Sentraal Streek het op 15 Januarie met die Gautengse departement van landbou, omgewingsake en bewaring en ander rolspelers byeengekom om die verliese aan te spreek.

http://www.landbou.com/LandbouWeekblad/Nuus/0,,1294-1295_2455881,00.html