• Login
  • Search Icon

Groter mielie-oes verwag

26 Oct 2011
’n Groter mielie-oes word aanstaande jaar verwag, met boere wat aandui dat hulle meer hektare gaan aanplant as in vanjaar se planttyd. Luidens die mees onlangse oesskattingsverslag gaan boere na verwagting 1 564 miljoen ha wit mielies plant, wat 10,3% meer is as in die vorige planttyd. Wat geel mielies betref, gaan 1 038 miljoen ha beplant word, wat sowat 8,8% meer is as in die vorige planttyd. Oor die algemeen word verwag dat mielie-aanplantings 9,7% ho?r gaan wees as in vanjaar se planttyd.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/groter-mielie-oes-verwag