• Login
  • Search Icon

Grondgrypery beloop 227 miljoen ha

05 Oct 2011
Sowat 227 miljoen ha grond is wêreldwyd vasgevang in grootskaalse internasionale ooreenkomste, sê Oxfam, ’n internasionale navorsingsgroep en waghond vir omgewingsake en landbou. Luidens ’n berig op Black Business Quarterly (BBQ) is die meeste van di? ooreenkomste ten koste van plaaslike gemeenskappe aangegaan. Volgens Oxfam se verslag, Land and Power, het die meeste van die internasionale kopers hulself, sonder om gemeenskappe v vooraf te raadpleeg of hulle te vergoed, op die grond gevestig. “Voorlopige opnames dui aan dat soveel as 227 miljoen ha – wat die grootte van Wes-Europa is – deur middel van di? manier verkoop, gehuur of gelisensieer is,” lui die berig.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/grondgrypery-beloop-227-miljoen-ha