• Login
  • Search Icon

Grondeis-tyd dalk verleng

10 Oct 2011
Donker wolke pak weer saam oor die regering se hantering van restitusie en grondeise. Daar is geloofwaardige aanduidings dat pres. Jacob Zuma in sy openingstoespraak volgende jaar in die parlement gaan aankondig dat eise opnuut ingedien kan word nadat die spertyd al in 1998 verstryk het. Dr. Theo de Jager, adjunkpresident van Agri SA, sê dit het reeds op die werksessies oor die groenskrif oor grondhervorming duidelik geword iets is aan die broei. Nie net is die afsnytyd ten opsigte van eiendom wat n? 1913 om ras-redes vervreem is, in die gedrang nie, maar daar word ook daaraan gedink om grond wat voor 1913 vervreem is, vir eise oop te stel.

http://www.sake24.com/Maatskappye/Landboubesigheid/Grondeis-tyd-dalk-verleng-20111010