• Login
  • Search Icon

Grond: ANC wil kwessie uitklaar

22 Jul 2011
Die ANC wil glo eersdaags ’n kantoor op die been te bring om grondonteiening te bekyk, sodat di? kwessie uitgeklaar kan word. Luidens ’n berig in Beeld sal die kantoor spesifiek vir die doel van ’n grond¬evaluasie-generaal en ’n grondbestuurskommissie wees. Volgens mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die party, het hul nasionale uitvoerende komitee (NUK) di? besluit onlangs geneem aangesien hulle dit as ’n saak van dringendheid beskou. “Belanghebbendes soos Agri SA sal binnekort oor onder meer grondherverdeling en -onteiening geraadpleeg word. Daar is in die algemeen konsensus oor die herverdeling van grond, maar baie werk lê voor,” aldus Mantashe.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/grond-anc-wil-kwessie-uitklaar