• Login
  • Search Icon

Graanboere soek weer wins

14 Mar 2011
Suid-Afrikaanse graanboere gaan verskeie stappe doen om die bedryf weer op die been te bring nadat ho? insetkoste en lae produkpryse die graanbedryf se volhoubare winsgewendheid in die gedrang gebring het. Graan SA se jaarkongres op die plaas Nampo het van di? voorgestelde optrede gekoppel aan die regering se beleid om werkskepping die trefwoord te maak. “Werkskepping is in die vorm van die nywerheidsbeleid-aksieplan (Ipap2) van nou af tot in 2013 op die regering se tafel en dit is daarom van die uiterste belang om gedurende die venstertydperk die belange van die graan- en oliesadebedrywe op die spits te dryf en oplossings te vind om ons binnelandse en uitvoermarkte te ontwikkel,” het mnr. Andries Theron, visevoorsitter van Graan SA, gesê.

http://www.sake24.com/Maatskappye/Landboubesigheid/Graanboere-soek-weer-wins-20110309