• Login
  • Search Icon

Graanboere hou asem op oor re

07 Jun 2011
Graanboere hou asem op vir mielie-oeste en koring-aanplantings nadat baie re?n voorspel is. Mnr. Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA, sê ‘n mooi mielie-oes staan tans op die lande, maar dit sal slegs ‘n groot en goeie oes wees as boere di? graan kan stroop. Hy sê die weerburo se voorspelling van tot 80% re?n in die binneland vir vandeesweek is ongunstig vir die mielie-oes. “Dit is ‘n abnormale tyd vir re?n, hoewel ons nie verwag dat dit die gehalte van die mielies gaan raak nie.” Volgens Ferreira is aanvanklik verwag dat die mielie-oes vanjaar stadiger as gewoonlik gaan inkom. Hy sê volgens voorspellings behoort dit nie ernstige gevolge vir die mark in te hou nie, hoewel dit tot ‘n styging in die kontantmark kan lei.

http://www.landbou.com/weer/weerberigte/graanboere-hou-asem-op-oor-re-n