• Login
  • Search Icon

Februarie beteken dalk re

02 Feb 2012
Hoofnuus Droogteskade by somergraangewasse begin ernstige afmetings aanneem en re?n moet voor die tweede week van Februarie voorkom om baie ernstige skade te beperk. Die kans vir ten minste 20 mm of meer re?n lyk egter baie goed vir die eerste 10 dae van Februarie. Dit kan ook help met die swak weidingstoestande oor groot gebiede. 1. Die afgelope 2 weke tot 31 Januarie 2012 Baie dro? en warm toestande het voorgekom in veral die laaste week van Januarie. Dit is abnormaal aangesien dit gewoonlik ’n ho? waarskynlikheid het vir re?n as na historiese inligting gekyk word van veral die sentrale tot westelike dele van die land. Die tropiese sikloon Funso het in die laaste paar dae van Januarie verswak en suidooswaarts in die Indiese Oseaan begin wegbeweeg.

http://www.landbou.com/weer/weervoorspelling/februarie-beteken-dalk-re-n