• Login
  • Search Icon

Eskom waarsku oor kragonderbrekings

11 Jan 2012
Kommer heers oor die druk wat tans op die land se kragnetwerk geplaas word en Eskom waarsku teen onderbrekings. Luidens ’n verklaring ervaar die kragreus veral di? week probleme met voorsiening tydens spitstyd tussen 17:00 en 21:00 in die aand. Volgens ‘n berig in Beeld (10 Januarie 2012), werk Eskom tans met sowat 14%, of 5 000 megawatt, minder kragkapasiteit as gewoonlik. Dit word toegeskryf aan geskeduleerde instandhoudingswerk aan kragsentrales asook allerlei tegniese probleme wat ondervind word. Me. Hillary Joffe, woordvoerder, sê hulle moes Maandagmiddag (9 Januarie 2012) – voor spitstyd aangebreek het – van die noodreserwekrag begin gebruik. Van die aluminiumsmelterye is glo gevra om hul aanlegte tydelik af te skakel.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/eskom-waarsku-oor-kragonderbrekings