• Login
  • Search Icon

Engen-stasies kan sonder petrol sit

13 Jul 2011
Engen sê sy petrolstasies in Gauteng is besig om uit voorraad uit te raak, want van die petroltrokke kan nie die voorraadstasies verlaat nie. “Gauteng is die gevaarpunt. Drie van die voorraadstasies kan nie die trokke uitstuur nie want die trokdrywers staak, en daar is ook intimidasie,” het me. Tania Landsberg, woordvoerder vir Engen, gesê. “Daar is mense wat buite die hekke van die voorraadstasies betoog, en die belangrikste aspek vir ons is om die veiligheid van ons werkers te verseker.” Die geraakte voorraadstasies is Langlaagte, Alrode en Waltloo.

http://www.sake24.com/Maatskappye/Nywerheid/Engen-stasies-kan-sonder-petrol-sit-20110713