• Login
  • Search Icon

Duur graan dalk mielie-etanol se einde

27 Jun 2011
Gunswerwers vir mielie-etanol kry deesdae die wind van voor te midde van graanpryse wat nou al ’n jaar lank styg. Vrese oor voedselprysinflasie het boonop politici oor die hele wêreld opnuut bekommerd. Die Amerikaanse senaat het onlangs in ’n verrassende besluit oorweldigend in die guns van ’n wetswysiging gestem om die federale etanol-subsidie onmiddellik te be?indig. Di? subsidie, in die vorm van ’n belastingtoegewing van 45c per gelling vir die vermengers van mielie-etanol, asook ’n tarief op ingevoerde etanol, is 30 jaar oud. Boonop is dit veronderstel om einde vanjaar te eindig.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/duur-graan-dalk-mielie-etanol-se-einde