• Login
  • Search Icon

Droogtehulp beskikbaar

05 May 2011
Koopbriewe vir droogtehulp sal uitgereik word aan boere in die suide van die Wes-Kaap – vanaf Heidelberg tot Mosselbaai, het mnr. Gerrit van Rensburg, Wes- Kaapse minister van landbou en landelike ontwikkeling, aangekondig. Hoewel dit wel in dele van die Wes-Kaap gere?n het, is die gebied suid van die Outeniquaberge steeds baie droog en het boere dringend bystand nodig om hul kuddes te onderhou. Na raming sal ongeveer 700 boere in die gebied in aanmerking kom vir hulp. Saam met die 400 boere in die Klein-Karoo en 300 in die Sentraal-Karoo en van Touwsrivier sal sowat 1 400 boere hulp kry. Van Rensburg sê daar is nog R46 miljoen vir droogtehulp in die distriksmunisipaliteit Eden beskikbaar. Die koopbriewe word met di? geld uitbetaal.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/droogtehulp-beskikbaar