• Login
  • Search Icon

Droogte: Somergraan verskroei

19 Mar 2012
Vanjaar se aanvanklik belowende somergraan-oes verskroei nou oor ’n wye gebied. Droogteskade neem daagliks toe en teen middel verlede week was die algemene gevoel dat die mielie-oes met honderdduisende ton kan krimp as n?g ’n week sonder wydverspreide re?n sou verloop. Op plekke het boere al op groot skaal verdroogde mielies begin afsny. Weiding begin ook nou skade ly. Intussen het die heersende La Niña-klimaatverskynsel die wyk begin neem, wat kan beteken dat die kans op bogemiddelde re?n in die res van die seisoen verswak, sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou. Tropiese siklone Die laaste tyd se swak re?nval oor groot dele van die sentrale, noordelike, westelike en suidelike binneland word aan tropiese siklone in die Indiese Oseaan tussen Suid-Afrika en Australi? toegeskryf. Sedert begin Januarie was daar reeds twaalf van di? siklone, waarvan sowat nege heelwat nader as gewoonlik aan die vasteland beweeg het. Dit het re?nvalpatrone ontwrig, sê Van den Berg. Hy vrees dat droogteskade die mielie- en sojaboonoes tot kritieke vlakke kan laat krimp. Daarby hang die swaard van ’n groot ryprisiko ook nog oor die talle hektare wat weens ’n dro? voorsomer eers laat beplant kon word. Hoewel die Oesskattingskomitee in Februarie, met sy jongste skatting, nog ’n mielie-oes van 11,7 miljoen ton verwag het, is die meeste ontleders dit nou eens dat dit maar bars sal gaan om 11 miljoen ton te haal. http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/mielie-oes-13-groter-s-komitee Mnr. Werner Rossouw, graanverhandelaar en direkteur van die onderneming Silostrat in Welkom, sê hy sal nie verbaas wees nie as die komitee sy tweede amptelike mielie-produksieskatting van die seisoen (op 27 Maart) tot onder 11 miljoen ton verlaag nie. Sukkel om geskatte oes te behaal Mnr. Abie van der Walt, uitvoerende hoof van Profert, meen Suid-Afrika gaan sukkel om ’n mielie-oes van 10,2 miljoen ton te haal. Vrystaat Mielies se jongste mielie-skatting is 10,7 miljoen ton. ’n Onlangse opname deur Profert onder sy streekbestuurders skets ’n donker prentjie. In die Oos-Vrystaat word van ’n gemiddelde mielie-opbrengste van 3,5 ton tot 3,8 ton per ha gepraat. ’n Gemiddelde sojaboon-opbrengs van 0,8 ton tot 1 ton per ha word genoem. Moontlike vroe? ryp is ’n groot bedreiging daar. Mnr. Koos Blignaut, streekbestuurder van Profert in Noordwes, skat droogteskade op die mielie-oes daar is tussen 25% en 35%. Mnr. Arnold Otto, van die Oostelike Ho?veld, verwag 30% skade aan hul mielie-oes; en mnr. Jan de Klerk in die Noord-Vrystaat berig van daaglikse skade, tweede koppe wat by Bothaville begin afspeen, meer as 50% skade suid van Kroonstad, en ’n boer by Bothaville wat al 500 van sy 3 000 ha mielies afgesny het.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/droogte-somergraan-verskroei