• Login
  • Search Icon

Diesel kos landbou R517 miljoen meer

06 Dec 2011
Met die dieselprys wat vandeesweek met 47c per liter styg, word di? brandstof R517 miljoen duurder vir die landbou, sê Agri SA. Mnr. Dawie Maree, landbou-ekonoom by die organisasie, sê vir elke een sent wat die dieselprys styg, neem die koste vir die totale bedryf met R11 miljoen toe. “Hierdie styging is ’n groot finansi?le terugslag vir boere. Produsente se winsgewendheid is reeds onder druk weens die koste van al die produksiemiddele wat styg, maar produsentepryse is traag om te styg,” verduidelik Maree.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/diesel-kos-landbou-r517-miljoen-meer