• Login
  • Search Icon

Chris Sturgess nuwe Safex-baas

03 Jan 2012
Mnr. Chris Sturgess het op 1 Januarie die senior hoofbestuurderleisels van die JSE se kommoditeitsafdeling, Safex, by mnr. Rod Gravelet- Blondin oorgeneem. “Die doel van Safex was nog altyd om ’n meganisme daar te stel waarmee landboukommoditeitspryse bestuur kan word. D?t sal nie verander nie. Ons is wel opgewonde oor ’n paar projekte wat onder meer kan help om die mark in die toekoms deursigtiger te maak,” sê Sturgess. Daar word tans gewerk aan ’n projek wat sal dien as die basis vir kontantverhandeling op die mark.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/chris-sturgess-nuwe-safex-baas