• Login
  • Search Icon

Brande in Kalahari eis 2600 vee

12 Oct 2011
Boere in die Kalahari in die Noord-Kaap het twee weke gelede meer as 2600 stuks vee in erge veldbrande verloor. Volgens ‘n opname deur Agri Noord-Kaap het 52 720 ha afgebrand. Altesaam 2554 skape het in die slag gebly, en 68 beeste is tydens die brande dood. Mnr. Johan van Rensburg, hoofbestuurder van Agri Noord-Kaap, sê ses brande het tydens die laaste naweek van September 2011 in die distrik voorgekom. “Al die brande het begin n? weerlig die veld raakgeslaan het. Die vorige re?ns was mildelik, so die veld was dig en die brande het vinnig versprei. Dit het toe nog nie gere?n nie, so dit was droog en die brande kon nie maklik beheer word nie.”

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/brande-kalahari-eis-2600-vee