• Login
  • Search Icon

Boervrou veg totdat aanvaller padgee

23 Mar 2011
’n Boervrou van die distrik is gister in hul plaashuis oorval en het meer as ’n uur verbete teen haar aanvaller gebaklei totdat hy gevlug het. Mev. Linda van Zyl (51) sê sy het gister omstreeks 06:40 van die badkamer gestap om die agterdeur, waar haar man pas uit is, te sluit toe sy in die kombuis in ’n halfkaal man vasloop. “Dit was seker twee minute nadat my man daar uit is. Ek kon nog sy bakkie hoor ry.” Die man het op haar afgestorm en haar probeer verkrag. Van Zyl het haar teengesit. Die bakleiery het later tot in die slaapkamer gevorder waar die aanvaller haar op die bed platgedruk het.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Boervrou-veg-totdat-aanvaller-padgee-20110323