• Login
  • Search Icon

Boere moet werkers motiveer, sê spreker

08 Sep 2011
Boere moet ’n trots by hul arbeiders vir hul werk skep en hulle meer verantwoordelikhede en besluitnemingsmag gee. Dan sal hulle gemotiveerd wees om meer produktief te wees, het die bekende motiveringspreker dr. Arnold Mol gister aan boere by Agri Noordwes se jaarkongres hier gesê. Mol het gesê billike vergoeding, goeie behandeling en gunstige werkverhoudinge alleen sal werkers nie motiveer om die ekstra myl te stap nie. “Die kern tot motivering is dat ’n mens se werk vir jou ’n bron van trots moet wees. Jy skep daardie trots deur hulle ’n ervaring van sukses te gee ... ”

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Boere-moet-werkers-motiveer-se-spreker-20110907