• Login
  • Search Icon

Boere koop trekkers voor rand verswak

07 Oct 2011
Die verswakking van die rand die afgelope weke het boere vermoedelik in September aangespoor om meer trekkers en stropers te koop voordat pryse verhoog word. Die Suid-Afrikaanse landboumasjinerie-vereniging (Saama) sê in ’n verklaring daar is in September 893 eenhede verkoop, meer as dubbel die 426 van ’n jaar tevore. Naas die 963 van Oktober 2008 is dit die sterkste verkope per maand sedert Junie 1983. In die jaar tot einde September is 5 307 nuwe trekkers verkoop; 43% meer as ’n jaar tevore. In September is 19 nuwe stropers gekoop teenoor 7 ’n jaar tevore. Stroperverkope vir die jaar tot nou beloop 194; 24% meer as ’n jaar tevore.

http://www.sake24.com/Maatskappye/Landboubesigheid/Boere-koop-trekkers-voor-rand-verswak-20111007