• Login
  • Search Icon

Boere kan drasties minder word

31 Oct 2011
Die aantal boere in Suid-Afrika kan tot 15 000 daal, tensy die Regering sy beleide heroorweeg en die strategiese belangrikheid van die sektor in ag neem, sê Absa Agribesigheid. Luidens ’n berig in Business Day het die bank vroe?r die week gewaarsku dat di? afname binne die volgende 15 tot 20 jaar kan plaasvind. Mnr. Ernst Janovsky, hoofbestuurder, sê ’n weldeurdagte en ondersteunende landboubeleid is nodig vir boere om voordeel te trek uit die wêreldwye toename in die vraag na kommoditeite. D?t kan tot meer beleggings in die sektor lei.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/boere-kan-drasties-minder-word