• Login
  • Search Icon

Beleidsvoorstel is ‘polities gedrewe’

04 Apr 2011
Die staat se voorstel dat die beleid oor die invoer van gespletehoefdiere van lande sonder bek-en-klouseer-vrye status verander moet word, is “polities gedrewe en dit fokus nie op ekonomiese belang nie”, sê mnr. Dave Ford, die voorsitter van die Rooivleisbedryfsforum. Dit volg nadat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye op 22 Maart 2011 ’n kennisgewing, waarvolgens hy kommentaar oor die voorstel vra, in die Staatskoerant gepubliseer het. Ford sê so ’n stap sal daartoe lei dat ander siektes ook die land binnekom, terwyl klimaatsverandering reeds veranderinge in die voorkoms van siektes veroorsaak.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/beleidsvoorstel-polities-gedrewe