• Login
  • Search Icon

Agri Oos-Kaap: Beskerm landbougrond

13 Sep 2011
’n Beroep is deur Agri Oos-Kaap op die Regering gedoen om onmiddellik enige verdere aankope van produktiewe landbougrond te keer. Dit moet gedoen word om voorbereidings vir ’n nuwe stel inisiatiewe te tref wat op die produktiewe landbou-ontwikkeling en die skepping van heeltydse werkgeleenthede gemik is. Die vereniging sê in ’n verklaring dat die regeringsbeleid eerder op die volhoubare benutting en finansiering van sy bestaande landbougrond in die Oos-Kaap moet fokus.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/agri-oos-kaap-beskerm-landbougrond