• Login
  • Search Icon

“SA het boere nodig”

30 May 2011
“Suid-Afrika het die boere meer nodig as wat die boere die land nodig het”, aldus mnr. Pien Bester, 2010 se Graanprodusent van die Jaar. Bester was een van die sprekers by ’n Syngenta-geselligheid wat Saterdag (28 Mei) by Loftus Versfeld in Pretoria plaasgevind het. “Ja, julle kan na ander lande toe gaan, maar onthou net, ons eie land het ons nodig”, sê Bester. Hy meen die landbousektor se aandeel in die ekonomie word onderskat, maar “die landbou moet deel wees van die oplossings vir ons land”.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/sa-het-boere-nodig