• Login
  • Search Icon

51 boere in ’n jaar vermoor

04 Apr 2011
Sedert die moord op mnr. Eugene Terre’Blanche, voormalige leier van die AWB, op 3 April verlede jaar op sy plaas naby Ventersdorp, is 51 boere op hul plase vermoor, sê die TLU SA. Luidens ’n verklaring het 77 plaasaanvalle in dieselfde tydperk voorgekom. Volgens die organisasie se statistieke het 16 plaasaanvalle, waartydens agt boere vermoor is, tussen 1 Januarie en 31 Maart vanjaar voorgekom. Die TLU SA sê hy probeer di? syfers so volledig moontlik byhou, maar die getal moorde is moontlik ho?r as wat di? statistieke aandui. Die boere wat vanjaar vermoor is, is mnr. Kobus van Rooyen, mev. Wendy Wilken, mnr. Deon van Staden, mev. Babs Strecker, me. Georgie Jacklin, mnr. Frik Hermann, mnr. Frans Eric Powell en mnr. Alberto Costa.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/51-boere-n-jaar-vermoor