• Login
  • Search Icon

'Taai jaar wat voorlê'

02 Aug 2011
Suid-Afrikaanse verbruikers gaan die wind van voor kry in die volgende 12 tot 18 maande, sê mnr. Etienne le Roux, Rand Aksepbank se hoof-ekonoom. Le Roux het Maandag tydens ’n funksie van Finlay Events gesê stygende inflasie gaan die belangrikste faktor wees. Dit lyk of inflasie dit wat gewen is met inkomste, gaan uitwis. Verder kan rentekoerse een van die dae begin styg. Le Roux sê Suid-Afrika se ekonomiese herstel en groei steun op verbruikersbesteding.

http://www.sake24.com/Ekonomie/Taai-jaar-wat-voorle-20110801