• Login
  • Search Icon

'Grondgrype sal nie in SA voorkom'

04 Oct 2011
Die grondgrypery wat in Zimbabwe voorgekom het, sal nie in Suid-Afrika plaasvind nie, sê President Jacob Zuma. Luidens ’n berig op Fin24.com het Zuma Maandagoggend (3 Oktober 2011) op ’n ontbytgeleentheid in Johannesburg gesê die twee lande se grondwette verskil te veel vir s? ’n situasie. “Ek dink nie die Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese grondwette is dieselfde nie. Ons Grondwet is baie belangrik, want dit lei ons in wat ons moet doen,” aldus Zuma. Hy het di? antwoord gegee in reaksie op vrae deur ’n joernalis wat wou weet of Suid-Afrika planne het om te voorkom dat dieselfde in di? land gebeur as wat in Zimbabwe gebeur het.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/grondgrype-sal-nie-sa-voorkom