• Login
  • Search Icon

Lede-landskap

September 2014

'n 180°-blik op ons lede en tak-aktiwiteite

image

WILLEM VOOGT, bestuurder: Finansiële Dienste en Bemarking, Graan SA


'n Fotobeeld van die finaliste vir 2014 se Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar

HANS VAN DER BERG, ledebemarking- en kommunikasiebeampte, Graan SA

Daar word met groot afwagting uitgesien na die Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar-toekenning wat op 17 Oktober vanjaar by the Theatre on the Track gedoen gaan word.

Sedert die eerste toekenning van hierdie aard in 2000 gedoen is, het die beoordelaarspaneel letterlik duisende kilometers afgelê vir besoeke aan genomineerdes. Ek was persoonlik reeds ses keer deel van die ondervinding en jaarliks is ek opnuut verstom oor die kwaliteit van die boerderye wat vir hierdie toekenning genomineer word. Hoewel slegs een produsent per jaar die toekenning kan ontvang, word die aand opgedra aan alle graanprodusente in Suid-Afrika.

Breedvoerige beriggewing oor elke genomineerde boerdery volg in opkomende uitgawes van SA Graan/Grain. Hou gerus ook die November-uitgawe dop waarin ons die gebeure van die aand in beeld gaan vaslê. Hier is dus jou eerste ontmoeting met vanjaar se finaliste. Volg my op ‘n blitskuier by hulle, vanaf die voet van Tafelberg, verby die hange van die Drakensberge tot bykans op die grens van Botswana.

Ons opregte dank aan die volgende borge:

image

image

image


image

image


image

image

Publication: September 2014

Section: Grain SA

Search