• Login
  • Search Icon

LEDE-LANDSKAP

August 2014

'n 180°-blik op ons lede en tak-aktiwiteite
 

image

WILLEM VOOGT, bestuurder: Finansiële Dienste en Bemarking, Graan SA


Graanprodusent van die Jaar — beoordelaars besoek finaliste vir 2014
 

HANS VAN DER BERG, ledebemarking- en kommunikasiebeampte, Graan SA

Die paneel van beoordelaars het reeds gedurende Mei vanjaar besoek afgelê by die Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar-finaliste vir 2014 en daar word reeds met groot afwagting uitgesien na die bekendmaking van 2014 se Graanprodusent van die Jaar.

Daar gaan egter nog heelwat water in die see moet loop, want die bekendmaking word eers op 17 Oktober vanjaar gedoen. Dit sal die 15de toekenning van sy soort wees, sedert die destydse Mielieman van die Jaar gedurende die jaar 2000 met hierdie toekenning vervang is.

Hoewel hierdie toekenning van Graan SA bekend staan as Graanprodusent van die Jaar, beteken dit nie dat die genomineerde slegs graan moet produseer nie. Alhoewel graanproduksie groot gewig dra binne die beoordeling, word alle fasette van die boerdery beoordeel en dit is veral interessant om te sien hoe hierdie fasette met mekaar geïntegreer word ten einde winsgewendheid en volhoubaarheid te bevorder.

Aspekte soos loopbaangeskiedenis, grondhulpbronbestuur wat produksiepraktyke, gewaskeuse, bewerkingspraktyke, plaag- en onkruidbeheer asook finansiële- en meganisasiebestuur insluit, vorm alles deel van die beoordeling.

Só word ook die bestuur van die veefaktor, arbeidsbestuur en gemeenskapsbetrokkenheid in ag geneem, om maar net enkele kriteria te noem. Kortliks kom dit egter daarop neer dat daar gekyk word na wat die produsent doen, met dit wat hy tot sy beskikking het, want elke produsent se omgewing waarin hy boer bied unieke uitdagings.

Produsente wat deur medeprodusente vir hierdie toekenning genomineer word, is verteenwoordigend van die somer- sowel as die winterreënvalstreke. Hierdie is dus 'n nasionale toekenning wat allerweë as die mees gesogte toekenning binne landbougeledere gesien word. Hou gerus die September-uitgawe van SA Graan/Grain dop vir 'n fotobeeld van die finaliste.

Baie dankie aan die borge wat dit moontlik maak: Syngenta (hoofborg van die Graanprodusent van die Jaar) en Ford (amptelike voertuigborg).

Die finaliste vir 2014 is:

image

image

image

Publication: August 2014

Section: Grain SA

Search