• Login
  • Search Icon

LEDE-LANDSKAP

May 2014

'n 180°-blik op ons lede en tak-aktiwiteite

image

WILLEM VOOGT, bestuurder: Finansiële Dienste en Bemarking, Graan SA


Manne-ontbyt by Riversdal skou

TOIT WESSELS, ledebemarker: Kaapprovinsie, Graan SA

Op 22 Februarie vanjaar het Graan SA, Nedbank en Tuinroete Agri (nou deel van die SSK Groep) ‘n baie geslaagde manne-ontbyt in samewerking met die Riversdalse landbouskou aangebied.

‘n Groot groep produsente en besigheidsmanne het die oggend bygewoon. Dit is op ‘n gepaste wyse geopen deur mnr Johan Willemse, waarna mnr Jan Weys (Tuinroete Agri se hoof bestuurder) en mnr Ernest Pelser (SSK se hoofbestuurder) die verwelkoming gedoen en meer vertel het oor die toekoms van dié landboubesighede noudat hul een geword het.

Mnr Louw Steytler (voorsitter: Graan SA) het die gehoor aan sy voete gehad met ‘n inspirerende boodskap oor die toekoms van landbou in Suid-Afrika.

Die regte van die individu en veral van ons lede op plase is duidelik deur hom uitgespel aan die gehoor. Hy is staande toegejuig aan die einde van sy toespraak.

image

Publication: May 2014

Section: Other Articles

Author: WILLEM VOOGT, bestuurder: Finansiële Dienste en Bemarking, Graan SA

Search