• Login
  • Search Icon

Kyk uit vir Diplodia kopvrot by mielies

December 2011

ANEEN SCHOEMAN, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE EN BRADLEY FLETT, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE

Diplodia kopvrot kom gewoonlik in epidemies voor en word veroorsaak deur Stenocarpella maydis ook bekend as Diplodia maydis. Die siekte is veral skadelik onder mieliemonokultuur en onder toestande waar mieliereste op die land oorwinter, gepaardgaande met vroeë droë toestande gevolg deur nat weer wat laat in die seisoen voorkom.

Simptome
As infeksie voorkom ná blom, kan die blaarskede ‘n gebleikte of strooikleurige voorkoms hê. Die swam is sigbaar as ‘n growwe wit tot grysbruin swamgroei op die blaarskede of op die mieliepitte.

Simptome begin gewoonlik by die basis van die mieliekop en versprei boontoe. Soms kan dit egter ook op die punt van die mieliekop voorkom. Die mieliekop krimp en die geïnfekteerde mieliepitte lyk asof hulle aanmekaar vasgegom is as gevolg van die wit swamgroei (Foto 1).

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Des%202011_Siektes.pdf vir die volledige artikel.

Publication: December 2011

Section: Other Articles

Search