• Login
  • Search Icon

Kunsmis- en dieselpryse ruk koringprodusente se sakke

April 2012

CORNÉ LOUW, SENIOR EKONOOM, BEDRYFSDIENSTE, GRAAN SA

Kunsmis- en dieselkoste het oor die afgelope vyf jaar gesamentlik ‘n gemiddeld van 40% van ‘n koringprodusent se lopende produksiekoste uitgemaak. Oor hierdie tydperk het kunsmis 27% van die lopende koste beslaan, terwyl diesel 13% bygedra het.

Om te kyk wat met kunsmis en dieselpryse oor ‘n jaartydperk gebeur het, is Maart 2011-pryse met Maart 2012-pryse vergelyk.

Wanneer na kunsmis gaan kyk word, is gesien dat die plaaslike pryse van MAP en KAN met onderskeidelik 1,7% en 8,3% oor ‘n jaartydperk gestyg het (Tabel 1). Die pryse van ureum en kaliumchloried het oor dieselfde tydperk met 10,3% en 19,9% gestyg. Behalwe vir KAN, stem dit wat plaaslik met kunsmispryse gebeur het, goed ooreen met internasionale tendense.

image

In Grafiek 1 kan gesien word hoe die prysindeks van koring verswak teenoor die prysindeks van ureum.

Wanneer na dieselpryse gekyk word, is gesien dat die groothandelprys van diesel met 18,1% oor ‘n jaartydperk gestyg het, van R8,78 per liter tot die huidige R10,37 per liter. In Grafiek 2 kan gesien word hoe die plaaslike brandstofprys oor tyd gestyg het.

In Grafiek 3 sien ons hoe die prysindeks van koring verswak teenoor die prysindeks van diesel.

image

image

Doen jou huiswerk

Ten tye van die skryf van die artikel was die Desember 2012 Safex-koringkontrak R2 700/ton terwyl hy dieselfde tyd verlede jaar R2 835/ton was. Dit is ‘n daling in die koringprys van 4,8% teenoor verlede jaar en dit terwyl diesel- en kunsmispryse, wat saam 40% van ‘n koringprodusent se lopende produksiekoste uitmaak, oor dieselfde tydperk gestyg het.

Hierdie tendense bring mee dat koringprodusente, wat reeds verlede jaar moes spook om kop bo water te hou in terme van winsgewendheid, in hierdie produksieseisoen nog meer sal moet let om koste en produktiwiteit te bestuur. Moet dus nie die eerste beste prys vir insette net so aanvaar nie, deur bietjie huiswerk te doen voordat insette aangekoop word, kan baie hierop bespaar word.

Publication: April 2012

Section: Input Overview

Search