• Login
  • Search Icon

Koringruilvoet en -winsgewendheid lyk beter

March 2011

PIETMAN BOTHA, SENIOR LANDBOUNAVORSINGSKUNDIGE, GRAAN SA EN CORNÉ LOUW, SENIOR EKONOOM: INSETTE, GRAAN SA

Huidige- en voorseisoenkontrakpryse vir koring het uitermatig gestyg sedert verlede jaar dieselfde tyd. Hierdie styging het meegebring dat die prentjie wat die winsgewendheid van koringproduksie aanbetref, tans baie beter daar uitsien.

In hierdie artikel word die koring/insetruilvoet en die begrote winsgewendheid vir die 2011/2012-produksieseisoen onder die loep geneem.

Koring/ureumruilvoet
Grafiek 1
dui aan hoeveel koring benodig is om 1 ton ureum aan te koop van 1990 tot 2011. Vir die 2011/2012-seisoen (komende seisoen) is die Safex Desember 2011-koringkontrak gebruik om ‘n produsenteprys te bereken.

Uit die grafiek is dit duidelik (sien tendenslyn) dat die ruilvoet dramaties verswak het sedert 1990. Dit is duidelik dat die koring/ureumruilvoet sedert die 2008/2009-seisoen verbeter  het – tot so ‘n mate dat die verwagte ruilvoet vir die komende seisoen dieselfde as die langtermyn gemiddelde ruilvoet van 1,7 ton koring vir 1 ton ureum is.

Koring/dieselruilvoet
Grafiek 2
dui aan hoeveel koring benodig word om 1 000 liter diesel aan te koop. Uit die grafiek (tendenslyn) kan gesien word dat die koring/dieselruilvoet sedert 1990 dramaties verswak het. Die langtermyn gemiddelde ruilvoet is 2,3 ton koring vir 1 000 liter diesel, terwyl die verwagte ruilvoet vir die komende seisoen 2,8 ton is.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Maart%2011_Koringruilvoet.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: March 2011

Section: Wenartikels

Search