• Login
  • Search Icon

Koringmark verwring oliesademark

October 2010

– 10 September 2010

PROF JOHAN WILLEMSE, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

Die aansienlike styging in koringpryse die afgelope weke weens die Russiese misoes en tydelike verbod op hul uitvoere, het alle graanmarkte op loop.

Koringuitvoere het na die VSA as bron verskuif en dit het die prys van koring op Chicago skerp opgejaag, met die gevolg dat dit mielie- en oliesaadpryse saam opgetrek het. Een van die redes is die feit dat die VSA koringproduksie ook die afgelope paar jaar bly daal het ten gunste van mielies en sojabone (weens vinnig stygende opbrengste – die resultaat van navorsingsvordering).

Hiermee saam het die jongste VSA Departement van Landbou se oesskattings in middel-September daarop gedui dat voorraadvlakke van soja tot verbruik effe kan afneem in 2010/2011 en dat Sjina se invoervolume van sojabone aangepas is vanaf ‘n aanvanklike raming van sowat 50 miljoen ton nou, na sowat 55 miljoen ton vir 2010/2011.

Intussen is internasionale markontleders van mening dat daar wel genoeg voorraad van sojabone in die markte is en dat daar nie ‘n fundamentele rede is waarom sojaboon (die belangrikste oliesaad) se pryse so hoog behoort te wees nie. Daar is dus ‘n risiko dat die huidige prysstygingstendens te midde van die insameling van ‘n rekord-VSA sojaoes vinnig kan omswaai. Produsente moet bedag wees op dié moontlikheid, veral waar daar ‘n beweging in Suid-Afrika is om meer sojabone en sonneblomsaad te plant.

Hiermee saam is die vraag-en-aanbod-balans tussen oliekoek en plantolie nie in ewewig nie. Die vraag na plantolie groei vinniger as die aanbod, terwyl daar tans ‘n neiging is  dat die aanbod van oliekoek te vinnig toeneem. Dit het te doen met die produksiebalans van oliesade – die balans het begin skuif na ‘n groter sojaboonaanbod, wat sowat 80% oliekoek ná verwerking is, terwyl oliesade met ‘n hoë olie-inhoud (soos palmolie en sonneblomsaad) se produksie gestagneer het.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Okt%2010_Oliesade.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: October 2010

Section: Markoorsig

Search