• Login
  • Search Icon

Koringkultivarprestasie in die Wes-Kaap: 2009

April 2010

WILLEM KILIAN, LNR-KLEINGRAANINSTITUUT, BETHLEHEM EN TERRY WALSH, LNR-KLEIN GRAANINSTITUUT, STELLENBOSCH

Goeie produksietoestande is oor die algemeen gedurende die 2009- seisoen in die winterreëngebied beleef. In die Swartland was die reënval vir die grootste gedeelte van die seisoen normaal, met bogemiddelde neerslae gedurende Junie. Droë toestande in gedeeltes van die Rûens (Swellendam-gebied) tydens en net ná planttyd het wel opbrengsverliese op ‘n vroeë stadium ver oorsaak.

Vanaf Julie tot met korrelvul was neerslae egter naby normaal en goeie opbrengste is in die meeste streke verkry. Die baie reën rondom oestyd in dele van die gebied het die oesproses vertraag en ook tot laer gradering aanleiding gegee.

Die gemiddelde opbrengs wat in die kultivarproewe in die Swartland verkry is (alle liggings en alle kultivars), was 3,92 ton/ha teenoor die 4,22 ton/ha in 2008. In die Suid-Kaap was opbrengste effens hoër op 3,27 ton/ha in vergelyking met 3,13 ton/ha in 2008.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20April10_Koringkultivarprestasie.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: April 2010

Section: Input Overview

Search