• Login
  • Search Icon

Kom hop weer op die Mielie Hop

April 2016

SA Graan/Grain redaksie

Die gewilde Mielie Hop-pendeldiens word vanjaar vir die 15de jaar voortgesit. Die diens bied lang- en kort-afstandritte na en van NAMPO Park. Pendelaars klim op NAMPO Park by ‘n eksklusiewe hek – wat ook vir gestremdes aangepas is – op en af.

Daar is plaaslike ritte tussen Bothaville en NAMPO Park en langafstand-roetes na Pretoria en Johannesburg, asook Bloemfontein, beskikbaar. Passasiers kan ook op spesiale versoek tussen O.R. Tambo/Lanseria en Bothaville/NAMPO Park vervoer word.

Die voertuie word vanjaar deur VS SA Commercial Vehicles geborg.

Navrae
Vir enige navrae oor die roetes, tye en besprekings, kontak me Rina Greyling (skakelbeampte: Mieliehoofstad Sakekamer) by 072 652 1261, 056 515 1905, 056 515 3549 of louvre@act.co.za.

Besoek ook die webtuiste www.mieliehop.co.za.

Publication: April 2016

Section: NAMPO

Search