• Login
  • Search Icon

Ken jou onkruiddoder: Deel 11

August 2013

Deel 11: Radiatorbossie
 

image

Beheer van onkruide in mielies en koring

image

image

ELBÉ HUGO, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGE WAS SE EN HESTIA NIENABER, LNR-KLEINGRAAN INSTITUUT

Wetenskaplike naam: Senecio consanquineus
Afrikaanse naam: Radiatorbossie, Hongerbos-Senecio
Engelse naam: Ragwort, Starvation Senecio

Kort beskrywing

Plante is heldergroen, vertakte, halfkruidagtige bossies en groei regop tot ‘n hoogte van ongeveer 80 cm. Stingels is yl behaard, groen, met bruin strepe. Blare het kenmerkende skerp, getande rande en beide oppervlaktes het kort, klewerige haartjies. Blommetjies is eindstandig en word gedra in langwerpige hofies met heldergeel blare. Die vrugpluis bestaan uit wit borselhare wat maklik deur wind versprei word.

Verspreiding

Senecio spp. is inheems en kom wydverspreid in Suid-Afrika voor. Ander bekende species is S. madagascariensis wat meer in die oostelike dele van die land voorkom en S. latifolius wat hoofsaaklik in
KwaZulu-Natal voorkom.

Radiatorbossie plant slegs met saad voor en is ‘n vlak ontkiemer. Dit is ‘n winteronkruid wat vroeg in die herfs ontkiem en tot digte stande kan ontwikkel nadat oeste van lande afgehaal is.

Beheer

Bewerking
Vlak grondbewerking kan effektiewe beheer verskaf.

Chemies
Radiatorbossies kan met na-opkoms onkruiddoders beheer word. Onkruiddoders geregistreer vir die beheer van radiatorbossie in koring en mielies is gelys in Tabel 1 en Tabel 2. Radiatorbossie kan ook algeheel gespuit word met ‘n sistemiese onkruiddoder, soos glifosaat, of ‘n kontakdoder, soos paraquat, nadat die gewas klaar geoes is.

image

Die effektiwiteit van onkruiddoders neem egter af hoe groter die bossies word. Produsente moet poog om te spuit voor dit blom en saad stort. Tyd van toediening is van kritieke belang, maar dikwels is die gewas nog nie klaar geoes wanneer radiatorbossie in die saailingstadium is nie. Volg die spesifieke aanduidings en dosisaanwysings slaafs na op elke produk se etiket.

Kontak altyd ‘n betroubare chemiese adviseur voor die gebruik van enige chemikalieë om die korrekte dosis en spesifikasies op die etiket na te kom.

image

Publication: August 2013

Section: Input Overview

Search