• Login
  • Search Icon

Ken jou onkruiddoder: Deel 6

March 2013

Deel 6: Beesgras (Herringbone grass)
 

image

Beheer van onkruide in mielies en koring
 

ELBÉ HUGO, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE EN HESTIA NIENABER, LNR-KLEINGRAAN INSTITUUT

Wetenskaplike naam: Urochloa panicoides
Afrikaanse naam:Beesgras, Tuinurochloa
Engelse naam: Herringbone grass, Garden urochlo

image image

Kort beskrywing

Beesgras is ‘n eenjarige, inheemse polgras wat baie algemeen voorkom. Blare vertoon kort en breed met ‘n kenmerkende karteling wat aan die kante van die blare waargeneem kan word vanaf saailingstadium. Alhoewel die gras ‘n polagtige groeiwyse het, kan dit tot 90 cm hoog groei in gunstige omstandighede. Die bloeiwyse (grashalm) wissel tussen twee tot sewe are waarop die sade in twee reëlmatige rye, afwisselend gerangskik is. Stingels (of lopers) van volwasse plante vertoon dikwels ‘n kenmerkende rooi-pers kleur.

Urochloa mosambicensis (Bosveldbeesgras/Bushveld herringbone grass) kom ook algemeen voor en die verskil tussen die spesies kanveral in die bloeiwyses gesien word.

Verspreiding

Beesgras word beskou as een van die vier “landsgrasse” weens die wye verspreiding en algemene voorkoms van die gras in meeste gewasse. Daar word beweer dat die gras meer volop voorkom op kleigronde, maar dat dit ‘n strawwe mededinger kan wees op enige grondtipe waar infestasievlakke hoog is. Hierdie gras versprei slegs deur saad en kiem hoofsaaklik vroeg in die lente.

Beheer

Bewerking
Vroegtydige vlakbewerking kan vroeg in die lente gedoen word aangesien sade vlak in die grondprofiel voorkom en van die eerste grasse kan wees wat ontkiem.

Chemies
Meeste voor- en na-opkoms grasonkruiddoders kan gebruik word om beesgras effektief te beheer. Wanneer grasse egter na-opkoms beheer word, moet die bespuitings so vroeg as moontlik gedoen word tussen die twee- tot vierblaar-stadium. Wanneer beesgras begin pol, kan beheer minder effektief wees.

image

image

Publication: March 2013

Section: Input Overview

Search