• Login
  • Search Icon

Ken jou onkruiddoder: Deel 5

February 2013

Deel 5: Gewone misbredie (common pigweed)
 

image

Beheer van onkruide in mielies en koring
 

ELBÉ HUGO, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE EN HESTIA NIENABER, LNR-KLEINGRAAN INSTITUUT

Wetenskaplike naam: Amaranthus hybridus
Afrikaanse naam:Gewone misbredie, Kaapse misbredie, hanekam
Engelse naam: Common pigweed, Cape pigweed, redshank

image image

Kort beskrywing

Gewone misbredie is ‘n eenjarige, kruidagtige onkruid wat so hoog as 90 cm kan groei, maar kan nog langer groei onder warm, subtropiese toestande.

Stingels is groen tot bruin en soms rooi getint, met helder diep-groen, enkelvoudige teenoorstaande blare. Blare is breed, lansetvormig, 6 cm lank en 3 cm breed.

Blaarare is duideliker gedefinieerd aan die onderkant van die blare.

Blomme kom aan die bo-punt van stingels voor en is eenslagtig en vertoon soos ‘n “blom-aar”. Die manlike blomme kom meer aan die bo-kant van die blom-aar voor, met talryke vroulike blomme aan die onderkant. Blink, donkerbruin tot swart lensvormige sade word gehuisves in klein blaasvruggies.

Verspreiding

Dit is een van die algemeenste en volopste onkruide wat in bewerkte lande in Suider-Afrika voorkom. In Suid-Afrika word gewone misbredies in beide somer- en winterreënvalareas aangetref.

Beheer

Bewerking
Gewone misbredies word maklik beheer deur vlakbewerking wanneer onkruide nog in die saailingstadium is.

Chemies
Verskeie voor-en na-opkoms breëblaaronkruiddoders kan gebruik word om gewone misbredies effektief te beheer.

TABEL 1: BREËBLAAR-ONKRUIDDODERS GEREGISTREER
OP MIELIES VIR DIE BEHEER VAN GEWONE MISBREDIE.

image

image

image

Publication: February 2013

Section: Input Overview

Search